In Duplum, ‘n feitelike uiteensetting om dit te verstaan

Vir die wat nie weet nie, die in duplum reël kom vanuit ons “common law” uit die ek dink 1800’s se jare uit, en dit bepaal dat as jy geld skuld wat jy nie terugbetaal nie, mag die RENTE op daardie agterstallige skuld nooit ophoop na meer as wat die kapitale bedrag wat jy in default is nie, met ander woorde, as jy R100 skuld wat jy nie betaal nie, mag die rente nie meer opgehoop het as R100 nie wat dan die totale bedrag gee van R200 wat maksimum is wat jy in totaal sal skuld. (hier is egter ‘n maar…. aan verbonde wat ek netnou sal aanspreek)

Intussen, in ons verligde eeu het die “common law” van in duplum ook ‘n statutêre wet geword toe die Nasionale Kredietwet dit nou onlangs deel van die kredietwet gemaak het, en die reël verder uitgebrei onder daardie wetgewing dat dit nie net RENTE is nie maar ook alle kostes soos invorderingskostes ens. Dit beteken dan in hierdie wetgewende konteks as jy R100 sou skuld wat in default is, die skuldeiser nie meer as R100 se RENTE en KOSTES van jou mag vorder nie, en dat jou agterstallige skuld in der waarheid “gecap” sal wees volgens wetgewing op R200. (Hier is ook ‘n maar…. aan verbonde.)

1. Die eerste maar…. onder common law in duplum is dat die cap op rente, in ons voorbeeld R100 weer van voor af kan begin loop sou jy bietjies afbetaal. Met ander woorde, jy is in default met R100, en intussen het jou rente opgehoop en is gecap op R100 en jy skuld nou R200 (Plus kostes in die geval) maar nou kom jy en betaal R50, EN nou is jou uitstaande default balans R50 (Plus kostes) en dus is daar nou weer ‘n “spasie” van R50 oor waarop weer rente gehef kan word tot dit oploop weer na R100 (Plus kostes) sou jy nie verder betaal nie. Dus kan in duplum weer begin loop sodra wat jy skuld onder daardie cap gebring was met jou betaling, maar nie ten volle betaal was nie.

2. Die tweede maar…. gaan oor die statutere in duplum soos vervat in die Kredietwet. Eerstens moet dit baie duidelik gestel word dat hierdie in duplum reël soos per wetgewing, slegs van toepassing sal wees vir kredietverskaffers wie onder die Nasionale Kredietwet val, soos banke en meeste ander kredietverskaffers, maar is nie van toepassing op die “Jannie leen geld aan sy oom” of ‘Ek dagvaar jou vir my skade” tipe van “krediet” nie. Laasgenoemde twee sal val onder die common law induplum. Nou hierdie statutere in duplum reël waar RENTE en KOSTES gecap word (op R100 in ons voorbeeld) is ‘n HARDE CAP. Met ander woorde al betaal jy bietjies bietjies daaraan kan in duplum nie weer begin loop soos hierbo met die common law een nie, en sal jy dus SLEGS die R200 uitstaande bly wat moet verminder tot alles betaal is, sonder om weer enige RENTE of KOSTES te hef.

Om op te som, maak seker watter in duplum reël is van toepassing op jou agterstallige skuld, voor jy dit wil gebruik as verdediging.